Ek was daar met my dogterjie van ses en Dokter het haar so op haar gemak laat voel dat sy skoonvergeet het om bang te wees. Die wag tydperk was ook nie lank nie en sy het nie tyd gehad om bang te word nie. My twee seuns het ook die tydjie by die tandarts geniet hulle wou eers nie gaan nie maar kan nie wag om terug te gaan vir die opvolg afsprake nie.